Etosha Lodge Logo
Tel: +27 (0) 21 855 0395
STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH

Taleni Etosha Lodge

Die beste in gesinsverblyf, slegs 4 km vanaf Anderson Gate naby Okaukuejo. Selfsorg-verblyf by die Etosha Nasionale Park

BOOK NOW AND ONLY PAY 5% ON YOUR BOOKING

  BESPREEK AANLYN EN BESPAAR
NAMIBIA AKKOMMODASIE PRYS EN BESPREKINGS ANDER ETOSHA LODGE SKAKELS  
Etosha Lodge hoof foto
 

Etosha Lodge kan in vier kort woordjies beskryf word: outentiek, bekostigbaar, stylvol en pret. Die Etosha Lodge is reg op die drumpel van Namibië se bekende Etosha Nasionale Park en bied selfsorg-verblyf vir gesinne én kieskeurige reisigers.

Die selfsorg-verblyf bestaan uit 40 seil-chalets, almal en suite, met enkelbeddens, slaapbank, lugverkoeling en buitelug-stort, spesiaal vir die avontuurlustige siele. Om nog meer tot die safari-atmosfeer by te dra, het elke eenheid sy eie kook-“boma”, toegerus met braai-area, stoof, yskas, opwasbak, eetgerei en breekgoed. Een van die eenhede is rolstoelvriendelik.

Moenie paniekerig raak as jy die sonroom by die huis vergeet het nie – die Etosha Lodge bied ‘n eenstop “Cuca Shop” wat die basiese noodsaaklikhede aanhou. Beleef ‘n Namibiese avontuur om vir altyd te onthou by die Etosha Lodge.

Skop die dag af met ‘n wildrit in ‘n oop voertuig en kyk hoe die Namibiese veld stadig ontwaak. Jou gids sal by ‘n aantal watergate in die Etosha Nasionale Park stilhou op die roete van die Anderson Gate tot by Okaukuejo. Wanneer julle by Olifant’s Bad stilhou, kan jy weglê aan liplekker versnaperinge wat deur die voorslag-chefs van die Etosha Lodge voorberei is.

As jy dalk ‘n bietjie later wil opstaan, kan jy die tweede wildrit van die dag meemaak, wat om 14:00 vanaf die Etosha Lodge vertrek en dieselfde roete volg.

Wanneer jy terugkeer, kan jy langs die swembad ontspan, ‘n “quad bike” probeer baasraak, of dit geniet om die reuse verskeidenheid voëlspesies te bekyk. Met die sonsondergang sal Afrika se ruigtes jou betower.

As die weer dit toelaat, kan jy ‘n lui-lekker skemerkelkie op die kruin van ‘n koppie geniet, terwyl die veld om jou bloedrooi gloei. Wanneer jy terugkeer kamp toe, staan die chefs van die Etosha Lodge gereed om jou met ‘n onvergeetlike fynproewersmaal in die ‘kraal’ (‘n restaurant in tradisionele Afrika-styl) te bederf.

etoshalodge swimming pool
Etosha Lodge bathroom
Etosha Lodge twin room
Etosha Lodge Kombuis
 
Etosha lodge swimming pool at night
Taleni Etosha Lodge Pool
Etosha Lodge Tent
Ethosha Lodge Ete
Swembad Etosha Lodge
etosha lodge kitchen
Etosha lodge lunch

NAMIBIA

Indien jy verkies om binne Etosha Nasionale park en nie op die grens te bly nie kan jy gerus die oudste ruskamp naamlik Okaukuejo oorweeg. Na jou besoek aan Etosha Lodge sal jy dalk besluit om wes te draai. Hierdie gebied was as Damaraland bekend, maar is nou as Kaokoland of die Kunene Gebied bekend. Naby die versteendewoud en nie ver van die mees bekende rotstekening in Namibie, is die beroemde Twyfelfontein Country Lodge.

Verder Suid , maar nog in die Namibwoestyn se duine sal jy Etosha lodge se sister lodge kry. Sossusvlei Lodge is die vlagskip van die Taleni Groep. Dit sal tenminste twee dae neem om van Etosha Lodge na Sossusvlei te ry. Van daar af is Canon Lodge naby die Visrivier Ravyn nie te ver om te besoek nie.

BOTSWANA

Baie besoekers aan Etosha will ook die Okavango Delta besoek. Binne 'n dag kan 'n mens Drotsky's Cabins bereik op die westerlike walle van die Okavango Delta.  Daar is ook die moontlikheid van 'n bietjie verder ry al met die Caprivi langs en na Chobe Game Reserve toe ry. Daar is 'n wye verskeidenheid hotelle beskikbaar, maar een van die min selfsorg opsies is Senyati Safari Kamp. Naby Gweta op die Makgadigadipanne is Planet Baobab. Dit is beslis die moeite werd om hierdie gebied te besoek.

ZIMBABWE
Etosha Lodge beveel met graagte Caribbea Bay Hotel op die Lake Kariba aan. Die dorp van Kariba in Zimbabwe is 'n uitsekende plek om jou besoek in Zimbabwe te begin. Elke jaar besoek die Vasbyt groep die Victoriavalle in Zimbabwe. Temba Jeugtoere is nou al 32 jaar aan die gang en is wyd bekend.